Hierdie is Seeking Him, deur Nancy DeMoss Wolgemuth.
Jesus het in Lukas 15:10 gesê: “So, sê Ek vir julle, is daar blydskap onder God se engele oor een sondaar wat hom bekeer.”
Nou wonder ek as die engele bly is wanneer ons berou het en tot bekering kom, treur hulle dan wanneer ons ons harte verhard en die teenoorgestelde doen?
Wanneer ons God se wil en Sy reg om in ons lewens te heers, verwerp, gee ons hulle beslis geen rede om fees te vier nie.
Ek moet myself ook afvra: Bring my lewe vreugde in die hemel? Net soos die engele, vind ek plesier daarin om God se wil te doen? Vier ek fees wanneer ek sien hoe sondaars, insluitend myself, berou het en van sonde af wegdraai?
Kan ek jou vra om rustig tyd te neem en jou eie hart te ondersoek. Vra God om vir jou 'n hart te gee wat bly is wanneer Sy wil in jou lewe en in die lewens van ander geskied.
Seëngroete van ROHSA
Sleutelwoorde: