Seeking Him Afrikaans Podcast

Poster image

Hierdie is Seeking Him, deur Nancy DeMoss Wolgemuth.

Ons het ‘n briefie ontvang van ‘n vrou wat sê: “Ek het nog altyd geweet ek is veronderstel om die Bybel te lees en te bid. Maar vir die laaste paar weke was dit meer betekenisvol. Ek word in die oggend wakker met die besef my hart smag om met God te praat, ek verstaan selfs my Bybel beter.”

Daardie soort begeerte is verseker deur God geïnisieer. Hy is die een wat ons 'n honger-begeerte gee na Homself.

Gedurende die tyd van die profeet Hosea het die volk Israel hulle harts-liefde vir God verloor. Die Here het gesê: “Keer terug, Israel, na die Here jou God, want jy het deur jou sondeskuld gestruikel. Kom met julle woorde en keer terug na die Here.” (Hosea 14:2).

God roep ons om ook terug te keer, ons is niks beter as die Israeliete nie. God roep ons ook nie omdat ons lewens mooi uitgesorteer en ons sonder sonde is nie. Hy roep ons omdat Hy ons steeds liefhet.

God wil vir jou 'n vars hartsbegeerte gee, ‘n honger om Hom beter te leer ken. Na die liefdes verhouding waarvoor Hy jou geskape. Hy roep jou om na Hom terug te keer, om Hom met jou hele hart te begin soek.

Seëngroete van ROHSA

Sleutelwoorde:

Browse Past Episodes By

About the Host

Nancy DeMoss Wolgemuth

Nancy DeMoss Wolgemuth is the founder and lead Bible teacher for Revive Our Hearts, a ministry dedicated to calling women to freedom, fullness, and fruitfulness in Christ. Nancy's love for Christ and passion for His Word are evident through … read more …