Hierdie is Seeking Him, deur Nancy DeMoss Wolgemuth.
Ons lees soms in die media van jong mense met hope selfvertroue, of bestuurders wat groot maatskappye tot nuwe hoogtes lei. Oral in die nuus sien ons mense met sekere eienskappe wat suksesvol is en bevorder word.
Die wêreld bewonder mense wat selfversekerd en selfs verwaand is.
Maar ongelukkig lei dit weer maklik tot trots, wat teenstrydige is met God se vereiste vir ‘n nederige hart. Die “eie ek” in trots, lei ons uiteindelik tot opstandigheid en isolasie van God.
1 Samuel 15:23 “Opstandigheid is net so ’n oortreding soos waarsêery, en hardkoppigheid is net so ’n sonde soos afgodery.”
Dit is waarom ‘n ware geestelike herlewing altyd vooraf gegaan word deur God se kinders wat eerstens totaal en al nederig voor Hom kniel .
Jy ken jouself, is jy te self-versekerd, opstandig en trots? Of is jy nederig, gebroke en oorgegee aan God? Dink aan Jesus se woorde in Lukas 14 vers 11 “want die hoogmoediges sal verneder word, maar die nederiges sal vereer word.”
Seëngroete van ROHSA
Sleutelwoorde: