Seeking Him Afrikaans Podcast

Poster image

Hierdie is Seeking Him, deur Nancy DeMoss Wolgemuth.

 

Volgens die apostel Paulus sal selfs die wonderlikste dinge wat ons doen geen blywende waarde hê, maak nie saak hoe onbaatsugtig dit blyk nie, tensy ons dit uit liefde doen nie.

 

1 Korintiërs 13:3 “En al sou ek al my goed uitdeel, en al sou ek my liggaam oorgee om verbrand te word, en ek het nie die liefde nie, dan sou dit my niks baat nie.”

 

Ek het voorberei om hierdie gedeelte aan te bied, en op 'n parafrase afgekom wat in my eie situasie van toepassing was: “Al tree ek by hoeveel vroue konferensies op, al bestee ek honderde ure aan studie en voorbereiding vir ons radiobediening – as ek dit sonder liefde doen, sal dit aan die einde van my lewe op niks uitloop nie.”

 

Dit stem tot ernstige nadenke as 'n mens dink aan hoeveel dade van diensbaarheid jy al sonder liefde probeer lewer het. Die totale waarde van daardie werke en dade was niks.

 

Ongeag waartoe God jou geroep het: vra Hom vir 'n hart vol liefde voordat jy dit aanpak.

 

Seëngroete van ROHSA

 

Sleutelwoorde: Liefde, Werke

Browse Past Episodes By

About the Host

Nancy DeMoss Wolgemuth

Nancy DeMoss Wolgemuth is the founder and lead Bible teacher for Revive Our Hearts, a ministry dedicated to calling women to freedom, fullness, and fruitfulness in Christ. Nancy's love for Christ and passion for His Word are evident through … read more …