Hierdie is Seeking Him, deur Nancy DeMoss Wolgemuth.
In die Bergrede het Jesus baie radikale uitsprake oor sonde gemaak. “En as jou hand jou laat struikel, kap dit af. Dit is beter vir jou om vermink die lewe in te gaan, as om twee hande te hê en in die hel te gaan, in die onuitbluslike vuur.” Markus 9:43
Ek het nog nooit die dringendheid ervaar om my hand af te kap nie. Maar om my hart teen sonde te beskerm, moes ek al iets doen wat nogal radikaal voorgekom het. Ek het te veel TV gekyk en het nie gehou van die uitwerking wat dit op my geestelike lewe gehad het nie.
Na 'n lang stryd het ek uiteindelik besluit om nie TV te kyk wanneer ek alleen is nie. Ek het die verandering in my, byna onmiddellik opgemerk. My liefde vir God het weer opgevlam en my verlange na heiligheid is vernuwe.
Is daar vir jou 'n bron van versoeking wat telkens in jou lewe opduik? Wat sal dit van jou verg om dit te verwyder?
As iemand wat al so 'n moeilike verandering moes deur werk, kan ek vir jou omonwonde sê: dit is absoluut die moeite werd.
Seëngroete van ROHSA
Sleutelwoorde: versoekings