Seeking Him Afrikaans Podcast

Poster image

Hierdie is Seeking Him, deur Nancy DeMoss Wolgemuth.

Ek onthou ‘n insiggewende gesprek met 'n man wat 'n organisasie bestuur wat toegewy is aan die stryd teen pornografie. Hy het allerhande strategieë vir morele en sosiale hervorming gehad, maar sy slotsom was: "Nancy, hoe ouer ek word, hoe meer bid ek vir herlewing in die kerk. Ek weet dat daar geen hoop is om hierdie stryd teen pornografie te wen, behalwe as God in Sy kerk ‘n herlewing bewerkstellig nie.”

Dieselfde versugting sal jy hoor by enige iemand wat God se leiding soek om ware sosiale en morele verandering te bring. Dink maar aan moord en aborsie. Ons kan al die aborsiewette in hierdie land verander, maar as ons nie 'n herlewing het nie, sal die harte van mense nie verander nie en die kwessie sal onveranderd bly.

Dalk voel jy magteloos om jou wêreld te verander, maar jy het beslis die mag om God vra om herlewing in die harte van Sy mense te bring. Dis straks nie net die belangrikste, maar ook die grootste bydrae wat jy kan maak. Jou gebede is uiters nodig in God se plan, om herlewing te kan bring.

Psalm 85:7 “Wil U nie weer die lewe vir ons nuut maak sodat u volk hulle vreugde in U kan vind nie? Laat ons u troue liefde belewe, skenk ons u reddende hulp, Here.

Seëngroete van ROHSA

Sleutelwoorde: Herlewing

Browse Past Episodes By