Seeking Him Afrikaans Podcast

Poster image

Hierdie is Seeking Him, deur Nancy DeMoss Wolgemuth.

By my broer se begrafnis, baie jare gelede, het iemand hierdie opmerking gemaak, wat ek tot vandag toe onthou: "Dit is nie verkeerd om God te vra hoekom nie, solank ons ​​nie met 'n gebalde vuis vra nie, maar met 'n deursoekende hart."

Ek dink Dawid het 'n deursoekende hart gehad toe hy in Psalm 10:1 na die pyn en boosheid in die wêreld gekyk het en die vraag gevra het: "Waarom, Here, bly U so ver staan, waarom verberg U Uself in tye van nood?"

Halfpad deur die psalm beweeg Dawid vanaf 'n aardse perspektief na 'n ewige een toe. Hy sê dan: "U sien dit raak. Deur dit in u hand te gee, laat weerloses dit aan U oor; vir weeskinders is U 'n helper." Dan gaan hy voort in vers 17 en sê: "U het gehoor wat die verdruktes graag wil hê, Here. U versterk hulle harte, U oor luister aandagtig om aan die weeskind en die onderdrukte reg te laat geskied. " (vv. 14, 17).

Vanuit ons aardse perspektief wonder ons dikwels hoekom sekere dinge gebeur. Maar ons weet, God sal nooit toelaat dat ons pyn en lyding langer as nodig aanhou nie.

Sal jy God vra om jou vandag 'n ewigheidsperspektief soos Syne te gee?

 

Seëngroete van ROHSA

Sleutelwoorde:

Browse Past Episodes By