Hierdie is Seeking Him, deur Nancy DeMoss Wolgemuth.
Ons almal gaan seerkry in hierdie lewe ervaar.
- Hoe kon sy so jok? Ek het gedink ons is so na aan mekaar.
- Ek dink nie ek sal ooit vergeet wat daardie onderwyser gesê het nie. Ek was so verleë.
- Sedert daardie dag het ek nog nooit weer opgestaan om voor 'n groep te praat nie.
2 Korintiërs 4:8-10 “In alles word ons verdruk, maar nie oorweldig nie; ons is oor raad verleë, maar nie radeloos nie; ons word vervolg, maar nie in die steek gelaat nie; ons word platgeslaan, maar nie vernietig nie. Die sterwe van Jesus dra ons altyd in ons liggaam met ons saam, sodat ook die lewe van Jesus in ons liggaam sigbaar kan word.”
Elke een van ons sal onreg aangedoen word. Ons almal sal deur pyn gaan. Maar ons hoef …
Hierdie is Seeking Him, deur Nancy DeMoss Wolgemuth.
Ons almal gaan seerkry in hierdie lewe ervaar.
- Hoe kon sy so jok? Ek het gedink ons is so na aan mekaar.
- Ek dink nie ek sal ooit vergeet wat daardie onderwyser gesê het nie. Ek was so verleë.
- Sedert daardie dag het ek nog nooit weer opgestaan om voor 'n groep te praat nie.
2 Korintiërs 4:8-10 “In alles word ons verdruk, maar nie oorweldig nie; ons is oor raad verleë, maar nie radeloos nie; ons word vervolg, maar nie in die steek gelaat nie; ons word platgeslaan, maar nie vernietig nie. Die sterwe van Jesus dra ons altyd in ons liggaam met ons saam, sodat ook die lewe van Jesus in ons liggaam sigbaar kan word.”
Elke een van ons sal onreg aangedoen word. Ons almal sal deur pyn gaan. Maar ons hoef nie slagoffers te wees nie. Word jy gevange gehou deur een of ander ervaring in jou verlede? Hier is die moeilike nuus: So diep as wat daardie seer is, is jy self steeds verantwoordelik vir hoe jy daarop reageer.
Maar hier is die goeie nuus: Jy hoef nie 'n slagoffer sonder hoop te wees nie. God kan jou genade gee om met vergifnis en genesing te reageer. Vra God om jou te help met die krag wat Hy gee om te vergewe. Vra Hom ook vir die krag om vorentoe te beweeg sonder om deur jou verlede gyselaar gehou te word.
“Staan nou op, tel jou slaapmatjie op en loop!” Johannes 5:8
Seëngroete van ROHSA
Sleutelwoorde: