Seeking Him Afrikaans Podcast

Poster image

Hierdie is Seeking Him deur Nancy DeMoss Wolgemuth.

Paulus die apostel sê: "As ek… al die geheimenisse en al die kennis verstaan ​​… maar nie die liefde het nie, dan sou ek niks wees nie." (1 Korintiërs 13:2 in 53 Vertaling). 

Meeste van ons vroue, het deesdae geleenthede soos nog nooit tevore nie, om God se Woord te kan bestudeer. Maar ons kennis moet met liefde in balans gebring word. Dis wonderlik wanneer jy ‘n Woordskool kan bywoon, maar jy moet nie jou man daarmee intimideer nie. Jy wil so graag hê dat hy geestelike leiding neem, daarom kan jy hom nie met alles wil reghelp wanneer julle saam die Bybel lees nie.

Kennis sonder liefde maak ons ​​arrogant en moeilik om mee saam te leef. As ons kennis ons nie nederiger maak nie, sal ons nie die gesag wat God in ons lewens geplaas het, reg kan verstaan nie. So kom baie waarhede en kennis dan tot niks nie.

1 Korintiërs 8:1 “Kennis maak verwaand, maar liefde bou op. As iemand dink hy weet iets, is sy kennis nog nie soos dit behoort te wees nie.”

Ons moet aanhou groei in ons kennis van God se Woord, en ons kan Hom ook vra om werklik nederige, liefdevolle harte in ons te ontwikkel.

Seëngroete van ROHSA

Sleutelwoorde: Nederigheid, Trots, Kennis

Browse Past Episodes By