Seeking Him Afrikaans Podcast

Poster image

Hierdie is Seeking Him deur Nancy DeMoss Wolgemuth.

Om ’n Christen te wees, beteken dat ons die beheer oor ons lewens aan God oorgee. Maar soms neem ons daardie beheer weer terug.

Soms verskil ‘n man en vrou se opinies steeds driftig. Jy dink dalk hy werk te veel ure, maar hy voel hy het ’n loopbaan om aan te werk waarop hy moet fokus.

Soms verloor mens weer jou humeur, want hoekom kan ander mense nie dinge doen soos jy dinge wil doen nie?

Wanneer dit kom by die oorgee van beheer oor ons lewens, is die oomblik van bekering tot Christus slegs die begin. Daardie oomblik lê die grondslag vir ’n lewe van oorgawe – om voortdurend nee te sê vir die self en ja vir God.

Baie Christene wat ek ken, lei gefrustreerde en verslane lewens omdat hulle probeer om dinge op hul eie te hanteer en te beheer. Gevolglik leef hulle nie in pas met God nie. Jy kan sien hulle lewens loop nie in ooreenstemming met die Here se beginsels nie.

Kan ek jou vra - is daar sekere sake in jou lewe, waar jy steeds die reg op beheer vir jouself voorbehou?

1 Petrus 2:16 “Leef as vry mense – nie soos hulle wat vryheid as dekmantel vir die kwaad beskou nie, maar as diensknegte van God.”

Seëngroete van ROHSA

Sleutelwoorde: Gebrokenheid, Hoogmoed, Oorgawe

Browse Past Episodes By