Hierdie is Seeking Him, deur Nancy DeMoss Wolgemuth.
Wees eerlik - wens jy soms dat jy nie die heeltyd heilig en rein hoef te wees nie?
1 Petrus 1:15-16 vertel ons van ‘n weerkaatsing. Dit sê: “Soos Hy wat julle geroep het heilig is, moet julle in julle hele lewenswandel ook heilig wees. Hy het immers self gesê: ‘Wees heilig, want Ek is heilig’.” Ek en jy streef heiligheid na, sodat ons ‘n akkurate beeld kan skep van wie God is.
My huis kyk uit oor ‘n rivier. Soms is daar met sonsondergang ‘n perfekte weerkaatsing van die bome op die stil water. Die spieël weerkaatsing is pragtig - net soos ons lewens wanneer ons God se heiligheid weerkaats.
Wanneer ek na daardie weerkaatsing kyk, dink ek: Here, mag ander U in my sien. Laat my lewe, aan die wêreld daar buite, akkuraat uitwys hoe rein en lieflik U werklik is.
Ek hoop dat dit vandag ook jou gebed is.
Seëngroete van ROHSA
Sleutelwoorde: