Seeking Him Afrikaans Podcast

Poster image

Hierdie is Seeking Him, deur Nancy DeMoss Wolgemuth.

“Kan ek nie net een keer probeer nie? Maar Ma, hoekom mag ek nie? Maar Ma…”
Sommige kinders wil alles doen en probeer, maar wil nie die antwoord aanvaar wat jy vir hulle gee nie. Ongelukkig benader ons ook ons Hemelse Vader op dieselfde manier.

Ons vergeet soms dat God ons toelaat om deur moeilike tye te gaan vir ‘n rede - om ons te leer, om ons te vorm na die beeld van Sy Seun, en daardeur ‘n goddelike karakter in ons te ontwikkel.

Dit is waarom die apostel Paulus in Romeine 5 kon sê: “Ons verheug ons ook in die swaarkry, want ons weet: swaarkry kweek volharding, en volharding kweek egtheid van geloof, en egtheid van geloof kweek hoop.”

Is jy besig om opstandig te wees in omstandighede wat God in jou lewe toelaat? Jy kan die keuse maak, en eerder sê “Vader, ek aanvaar hierdie omstandighede vanuit U hand. Gebruik dit om my te vorm na Jesus se beeld.

Seëngroete van ROHSA

Sleutelwoorde:

Browse Past Episodes By