Hierdie is Seeking Him, deur Nancy deMoss Wolgemuth.
Spreuke 7 vertel ons die verhaal van 'n jongman wat laat in die nag alleen buite rondloop. Dan lees ons in vers 10: "Die vrou, aangetrek soos ’n prostituut, het na hom toe geloop. Sy het slim planne gehad…” ‘n Ander vertaling sê “sy is 'n vrou met listige planne.”
Hierdie vers wys vir ons dat die manier waarop ons aantrek, maklik kan lyk soos ‘n weerspieëling van die hart. Ek dink persoonlik, ons sien dit deesdae baie gereeld, dis byna die norm. Soveel vroue trek op 'n uitlokkende manier aan, om aandag te trek. Dit sluit vermaaklikheids kunstenaars in, wat hoop om hul loopbane te bevorder. Die probleem is dat baie vroue hierdie kunstenaars aanhang en slaafs navolg. Asof dit nie genoeg is nie, weerspieël vandag se modes daardie onbeskaamdheid.
Wat is jou harts motief wanneer jy aan trek? Probeer jy aandag trek, maak nie saak wat dit verg nie? Of het jy 'n hart om die mans rondom jou te respekteer, en hulle nie uit te lok nie? Is dit vir jou belangrik om God te ken in jou motiewe, self wat jou kleredrag betref?
Seëngroete van ROHSA
Sleutelwoorde: Beskeidenheid, Reinheid