Hierdie is Seeking Him, deur Nancy deMoss Wolgemuth.
Dis maklik vir ons om die naam Here ligtelik te gebruik wanneer ons na God verwys. Maar om Hom werklik “Here” te noem, is om “ja”te sê vir Sy wil, Sy Woord en Sy heerskappy oor elke fasset van jou lewe.
“Beteken ‘n volle oorgawe dat ek 'n sendeling of iets sal moet wees?” Miskien… en miskien nie. Maar wat wel saak maak, is hoe jy God antwoord wanneer Hy met jou praat. Gaan jou antwoord "Ja, Here" wees?
“Sê nou ek gee my lewe wel aan God oor, maar Hy besluit dan om nooit vir my 'n man te gee nie?”
Jou oorgawe kan ook behels om vir 'n halfeeu gelukkig getroud te wees, of dit kan beteken om nou getrou aan God te wees, te midde van 'n moeilike huwelik met 'n ongelowige. Wat saak maak, is om te sê: "Ja, Here."
“Dit beteken waarskynlik om die res van ons lewens arm te wees...” Om jou aan God oor te gee, kan beteken dat jy baie geld maak om tot eer van God te gebruik, of dit kan beteken dat jy met baie min tevrede is. Wat saak maak, is om dan ook "Ja, Here" te kan sê.
‘n Totale oorgawe aan Christus as Here beteken om elke detail van ons lewens aan Sy liefdevolle heerskappy te onderwerp. Doen jy dit?
Seëngroete van ROHSA