Seeking Him Afrikaans Podcast

Poster image

Hierdie is Seeking Him, deur Nancy deMoss Wolgemuth.

'n Ma se werk is nooit klaar nie - met voedings in die middel van die nag, eindelose wasgoed en kindersiektes…. Hoe kan 'n ma met klein kindertjies tyd in gebed en die Woord van God spandeer? Ek het 'n paar ouer mamma's gevra hoe hulle dit gedoen het toe hul kinders so klein was.

Hier is hulle raad:
Jy moet 'n definitiewe doelwit hê en vasberadenheid, om nie toe te laat dat enigiets jou keer om jou doelwit te bereik nie. Daarom moet jy kreatief dink, wanneer dinge nie gaan soos jy beplan het nie.
Ek sou God vra om daardie tye te beskerm. Kinders moet regtig weet dat hulle 'n prioriteit vir jou is.
Ek onthou ‘n insident toe ek 'n siek kind in my arms gehad het en 'n ander een op my voete laat bons het, terwyl ek na 'n klank opname van die Bybel geluister het.
Dit mag dalk nie maklik wees nie; maar as jy regtig, regtig met God wil ontmoet, sal jy 'n manier vind om dit te doen. Moenie in hierdie seisoen daarop uitmis nie.

Soos jy kan hoor, maak dit nie saak hoe besig jy nou is nie, dit is noodsaaklik dat jy tyd maak om oor God se Woord te mediteer. Dis werklik jou lewenslyn! Bid saam soos dit in Psalm 119:15 sê: “ 'In u voorskrifte vind ek vreugde; ek sal u woord nie vergeet nie.”

Seëngroete van ROHSA

Sleutelwoorde: Stiltetyd

Browse Past Episodes By

About the Host

Nancy DeMoss Wolgemuth

Nancy DeMoss Wolgemuth is the founder and lead Bible teacher for Revive Our Hearts, a ministry dedicated to calling women to freedom, fullness, and fruitfulness in Christ. Nancy's love for Christ and passion for His Word are evident through … read more …