Seeking Him Afrikaans Podcast

Poster image

Hierdie is Seeking Him, deur Nancy DeMoss Wolgemuth

In die Skrif lees ons van 'n gebeurtenis wat dalk vreemd kan lyk in ons hedendaagse kultuur.

Teen die einde van sy lewe het die profeet Samuel voor die hele volk van Israel gestaan en gesê: “Hier is ek – bring getuienis teen my in voor die Here en voor sy gesalfde. Wie se bees het ek gevat? Wie se donkie het ek gevat? Wie het ek uitgebuit? Wie het ek mishandel? Uit wie se hand het ek 'n omkoopgeskenk aanvaar en so my oë gesluit? Ek sal dit aan julle teruggee.” Hulle het gesê: “U het ons nie uitgebuit nie en ons nie mishandel nie. U het nie uit enigiemand se hand iets gevat nie. (I Samuel 12:3-4)

Samuel het sy openbare diens met 'n skoon gewete afgesluit. Hy het niks gehad om weg te steek nie. Hy het nie nodig gehad om misleidende- taktieke of woorde te gebruik nie, sy rekord was skoon.

Leef jy vandag op 'n manier wat jou môre 'n skoon gewete sal gee? Om oneerlik te wees en jou sonde te bedek, sal net later tot skaamte lei. Maar as jy berouvol en eerlik is oor jou foute, kan jy uitsien na jare van vrede voor jou.

Seëngroete van ROH SA

Sleutelwoorde: Sonde, Bekering, Goddelike karakter

Browse Past Episodes By

About the Host

Nancy DeMoss Wolgemuth

Nancy DeMoss Wolgemuth is the founder and lead Bible teacher for Revive Our Hearts, a ministry dedicated to calling women to freedom, fullness, and fruitfulness in Christ. Nancy's love for Christ and passion for His Word are evident through … read more …