Seeking Him Afrikaans Podcast

Poster image

Hierdie is Seeking Him, deur Nancy DeMoss Wolgemuth

Elke keer wat ons aan God ongehoorsaam is, is dit asof ons ‘n tree weg van God af gee. Jy weet jy moet ander vergewe maar vind dit dalk veral moeilik om jou ex-man te vergewe.

Gehoorsaamheid kan verskillende vorme aanneem. So weet ons byvoorbeeld daar is goed wat God wil hê ons moet doen, maar ons het dit nog steeds nie gedoen nie. Dit kan wees om elke week die rusdag te hê wat God aangewys het in Sy woord, of dalk om jou ouers te eer en te respekteer.

Gehoorsaamheid beteken ook om op te hou om sekere dinge te doen wat God nie wil hê ons moet doen nie; en selfs ook om nie voorwaardes te hê wanneer ons vir Hom iets doen nie.

Dink aan die woorde van Johannes 14:15 “As julle My liefhet, sal julle My opdragte uitvoer.”

Is daar iets wat jy weét jy moet doen, maar jy doen dit nie? Neem dan vandag daardie eerste tree in gehoorsaamheid nader aan God.

Seëngroete van ROH SA

Sleutel woorde: 

Browse Past Episodes By

About the Host

Nancy DeMoss Wolgemuth

Nancy DeMoss Wolgemuth is the founder and lead Bible teacher for Revive Our Hearts, a ministry dedicated to calling women to freedom, fullness, and fruitfulness in Christ. Nancy's love for Christ and passion for His Word are evident through … read more …