Hierdie is Seeking Him, deur Nancy DeMoss Wolgemuth.
Waaraan dink jy wanneer jy die woord “vader” hoor?
Elsie onthou ‘n keer wat sy haar pa gehelp het om ‘n kamer te verf. Sy het kort kort gevra hoe haar deel van die projek lyk. Sy onthou goed hoe sy gehoop het, hy sou iets sê soos “mooi so”, maar hy het haar net elke keer op haar foute gewys.
Indien jy emosionele wonde het a.g.v. van jou pa of enige ouer man wat jy vertrou het, kan dit vir jou moeilik wees om God as Vader te vertrou. Kan ek vandag vir jou die versekering gee dat God heeltemal anders is as enige man wat jy ken. Selfs die heel wonderlikste aardse pa is net ‘n dowwe weerkaatsing van God.
Ons sien in die Woord van God wie Hy werklik is. Hy is saggeaard, vol deernis en barmhartig teenoor Sy kinders. ‘n Vader wat dit geniet om Sy kinders te oorlaai met wonderlike voorregte en geskenke. ‘n Vader wat ook Sy kinders dissiplineer, maar hulle nooit verwerp nie.
Jakobus 1:17 “Elke goeie geskenk en elke volmaakte gawe kom van bo af, van die Vader van die hemelligte, by wie daar geen afwyking of skadu van verandering is nie.”
Ongeag van hoe jy jou aardse pa beleef het, wanneer jy ‘n kind van God is, het jy ‘n hemelse Vader wat jou oneindig lief het en wie jy met jou lewe kan vertrou.
Seëngroete van ROH SA
Sleutel woorde: