Seeking Him Afrikaans Podcast

Poster image

Hierdie is Seeking Him, deur Nancy DeMoss Wolgemuth.

Het die Here jou al ooit oortuig van iets verkeerds in jou lewe, terwyl jy besig was om jou Bybel te lees; en dan net ’n paar uur later het jy heeltemal daarvan vergeet?
Daar is iets eenvoudigs wat my help het om te onthou wat ek gelees of besef het. Ek probeer om dadelik neer te skryf wat God vir my uitgewys het. Dit help my om meer aanspreeklik te voel en aksie te neem.

Ek het byvoorbeeld eenkeer in Matteus 18:23-35 gelees van 'n dienskneg wat van 'n groot skuld aan sy koning kwytgeskeld is. Daardie einste dienskneg het toe omgedraai en 'n mede dienskneg in die tronk laat sit, omdat daardie persoon het hom nog 'n honderd pennings geskuld het.

Hier is wat ek in reaksie neergeskryf het: “Here, ek tree dikwels soos daardie kwytgeskelde dienskneg op, wat geweier het om te vergewe, en betaling van sy kollega geëis het. Vergewe my, Here, dat ek nie ander behandel met dieselfde deernis wat ek van U ontvang nie. Help my asseblief om so vrygewig genade aan ander uit te deel, soos wat U vir my het.”

Indien jy sukkel om te onthou wat jy in die Bybel gelees het, kan ek jou aanmoedig om 'n joernaal te kry en probeer om jou reaksies en voornemens aan te teken?

Seëngroete van ROH SA

Sleutel woorde:

Browse Past Episodes By

About the Host

Nancy DeMoss Wolgemuth

Nancy DeMoss Wolgemuth is the founder and lead Bible teacher for Revive Our Hearts, a ministry dedicated to calling women to freedom, fullness, and fruitfulness in Christ. Nancy's love for Christ and passion for His Word are evident through … read more …