Seeking Him Afrikaans Podcast

Poster image

Hierdie is Seeking Him, deur Nancy DeMoss Wolgemuth

Die boek Hooglied handel oor die liefdesverhouding tussen ‘n koning en sy bruid. Daar is ‘n gedeelte in die verhaal waar die bruid besef dat sy van haar bruidegom af weggedwaal het.

Ons lees dit in hoofstuk 3 vers 1 en 3: “Op my bed snags het ek gesoek na my sielsbeminde, ek het na hom gesoek, maar hom nie gevind nie... Ek het na hom gesoek, maar ek het hom nie gekry nie.”

Ek kan nogal daarmee assosieer. Daar was al tye wat ek afgedwaal het van die noue verhouding wat ek met my geestelike Bruidegom het.
Met die verloop van tyd het ek toegelaat dat sperdatums en projekte die kwaliteit tyd opgeneem het, wat ek eens op ‘n tyd met God spandeer het. Dan het God, genadiglik, my hart keer op keer weer teruggeroep. Sy goedheid het my gelei om dit te besef en te belei, so is my verhouding met Hom dan weer herstel.
Vers 4: “ek het die man gekry vir wie ek lief is. Ek het hom vasgehou, ek het hom nie gelos nie”.

As jy van God af weg gedryf het, sal jy dit belei? Vra Hom om jou te help om jou eerste liefde vir Hom te herstel.

Seëngroete van ROH SA


Sleutel woorde:

Browse Past Episodes By

About the Host

Nancy DeMoss Wolgemuth

Nancy DeMoss Wolgemuth is the founder and lead Bible teacher for Revive Our Hearts, a ministry dedicated to calling women to freedom, fullness, and fruitfulness in Christ. Nancy's love for Christ and passion for His Word are evident through … read more …