Seeking Him Afrikaans Podcast

Poster image

Hierdie is Seeking Him, deur Nancy DeMoss Wolgemuth

‘n Paar jaar gelede het die Heilige Gees my daarvan oortuig, dat ek die gewoonte ontwikkel het om die waarheid te oordryf. As ek die besonderhede hiervan met jou deel, sal jy dalk dink dat dit nie so erg is nie. Maar in my hart het ek geweet dat ek eintlik besig was om te jok.

Om daardie gewoonte te oorkom, was toe moeiliker as wat ek verwag het. Die Here het my aan die woorde van Jakobus 5:16 herinner: “Bely dan julle sondes teenoor mekaar, en bid vir mekaar, sodat julle gesond kan word. Die gebed van 'n regverdige is baie kragtig in sy uitwerking.”

Om hierdie sonde te belei was een van die moeilikste goed wat ek nog ooit moes doen. My trots wat my dinge laat oordryf het, was dieselfde trots wat wou maak dat ek hierdie sonde toesmeer. Maar toe ek dit uiteindelik teenoor twee gelowiges belei het, is daardie trots verbreek en is ek vrygespreek om die waarheid te begin praat.

Beleef jy een of ander versoeking wat gereeld herhaal? Om eerlik te wees teenoor ‘n ander gelowige, kan een van die bevrydendste dinge wees wat jy doen.

Seëngroete van ROH SA

Sleutel woorde:

Browse Past Episodes By

About the Host

Nancy DeMoss Wolgemuth

Nancy DeMoss Wolgemuth is the founder and lead Bible teacher for Revive Our Hearts, a ministry dedicated to calling women to freedom, fullness, and fruitfulness in Christ. Nancy's love for Christ and passion for His Word are evident through … read more …