Hierdie is Seeking Him, deur Nancy DeMoss Wolgemuth.
Die manier waarop jy 'n woestynervaring hanteer, kan beïnvloed hoe lank die uitmergelende tyd sal duur. Toe God die kinders van Israel uit Egipte gered het, het Hy hulle onmiddellik na die woestyn geneem. Hy het hulle nie gestraf nie. Hy het hulle net voorberei vir die uitdagings en oorloë wat voorlê. God se hoof doel was om hulle te leer om op Hom te vertrou.
In plaas daarvan om God te vertrou en hulle aan Sy wil te onderwerp, het die Israeliete in opstand gekom en geweier om God se beloftes te glo. Die Skrif sê vir ons: "Die toorn van die Here het teen Israel ontbrand en Hy het hulle veertig jaar lank in die woestyn laat rondswerf, totdat nie een meer oorgebly het van die hele geslag wat gedoen het wat verkeerd is in die oë van die Here nie." Numeri 32:13
Indien hulle God net in die eerste plek vertrou het, sou hul ronddwaal baie korter gewees het.
Miskien voel jy nou asof jy in 'n woestyn is. Jy het ‘n keuse om te maak - jy kan óf twyfel en kla soos die kinders van Israel, óf jy kan doen wat hulle eerder moes gedoen het – God vertrou en Hom volg. Weet jy dat jy op Sy beloftes kan vertrou, Hy sal jou op presies die regte tyd uit die woestyn uit lei.
Seëngroete van ROHSA
Sleutelwoorde: Lyding en Beproewinge