Hierdie is Seeking Him, deur Nancy DeMoss Wolgemuth.
Ons stuur soveel e-posse en stemnotas aan kliënte en vriende, soms wens ek mens kan eerder net in jou kar klim en van aangesig tot aangesig tyd saam met hulle deurbring. In ons tegnologiese kultuur is "van aangesig tot aangesig" belangrik. Want wanneer ons wel iemand in die oë kan kyk, is ons meer geneig om 'n diep, egte verbintenis te vorm.
In Eksodus 33 lees ons dat die Here van aangesig tot aangesig met Moses gepraat het, "soos 'n man met sy vriend praat." Dit is verstommend dat die heilige, almagtige God daardie soort verhouding met een van Sy skepsels wou hê.
Weet jy wat vir my nog meer wonderlik is? Daardie soort intieme vriendskap is nie net vir helde van die Bybel soos Moses gereserveer nie. God het jou en my genooi om elke dag voor Sy aangesig te kom, na Hom te luister en Hom te leer ken deur Sy Woord en gebed.
Het jy vandag tyd vir Sy aangesig?
Seëngroete van ROHSA
Sleutelwoorde: Bybeltoewyding en Memorisering