Seeking Him Afrikaans Podcast

Poster image

Hierdie is Seeking Him, deur Nancy deMoss Wolgemuth.

Wonder jy ook voortdurend wat mense van jou dink, en doen jy dinge omdat jy dink dis iets wat ander gaan gelukkig maak? Ek wonder, kom dit eintlik vanuit 'n gevoel dat "ek niks werd is nie"?

Ek wil vir jou ‘n vers in 1 Petrus lees. Luister mooi wat hierdie vers vir ons wil uitwys. “Kom na Hom toe, die lewende klip, wat wel deur mense afgekeur is, maar voor God uitverkore, en vir Hom kosbaar is.”

Hier in 1 Petrus 2:4 sien ons dat Jesus se selfbeeld, waardigheid en selfvertroue nie gekom het van wat mense van Hom gedink het nie. Dit het gekom van wat God van Hom gedink het.

Kom ek lees dit weer vir jou. “Hy wat die lewende hoekklip is van God se geestelike tempel. Die mense het Hom afgekeur as hoekklip, maar God het Hom vir dié ereplek uitgekies.” Jesus is deur mense verwerp—dié einste mense wie Hy so liefgehad het, vir wie Hy Sy lewe afgelê het.

Jesus se waarde is bepaal deur God. Dit is wat Hom kosbaar gemaak het. Dit is wat Sy waarde bepaal het, en dit is ook God wat jou waarde bepaal. Onthou dat die volgende keer wat jy in die versoeking kom om te glo: "Ek is niks werd nie."

Seëngroete van ROHSA

Sleutelwoorde: Geestelike groei

 

 

Browse Past Episodes By

About the Hosts

Nancy DeMoss Wolgemuth

Nancy DeMoss Wolgemuth is the founder and lead Bible teacher for Revive Our Hearts, a ministry dedicated to calling women to freedom, fullness, and fruitfulness in Christ. Nancy's love for Christ and passion for His Word are evident through … read more …

Nancy DeMoss Wolgemuth

Nancy DeMoss Wolgemuth is the founder and lead Bible teacher for Revive Our Hearts, a ministry dedicated to calling women to freedom, fullness, and fruitfulness in Christ. Nancy's love for Christ and passion for His Word are evident through … read more …