Seeking Him Afrikaans Podcast

Poster image

Hierdie is Seeking Him, deur Nancy deMoss Wolgemuth.

Ek sal nooit vergeet toe ons tydens die vloede ontruim is nie, ons het absoluut niks gehad nie. Dit is toe dat ek besef het hoe God ons werklik gee wat ons nodig het. Ons kon nie na ‘n kruidenierswinkel toe gaan nie, maar Hy het vir ons gesorg.

Wanneer die bekende verander, is dit 'n kans wat ons het om God se krag te sien. Die kinders van Israel het in Egipte aangeleer om op die regering te steun, as bron vir hulle voedsel. Toe God hulle uit slawerny gered het, was die eerste ding wat Hy gedoen het, om hulle in 'n woestyn in te lei.

Deuteronomium 8 vertel ons hoekom. Moses het die Israeliete herinner: “Hy het jou toe manna laat eet, kos wat jy en jou voorouers nie vroeër geken het nie. Hy het dit gedoen om jou te leer dat mense meer as brood nodig het om van te leef. Ware lewe vir die mens kom van elke woord uit die mond van die Here” (vers 3).

Gaan lees gerus ook vers 2, en kyk waaraan God jou persoonlik herinner. Is daar 'n area in jou lewe waar jy ‘n woestyn droogte ervaar en behoeftig voel? Dis 'n geleentheid om meer oor God te leer as jou bron vir alles en van alles in jou lewe.

Seëngroete van ROHSA

Sleutelwoorde: Lyding en Beproewinge

 

Browse Past Episodes By

About the Host

Nancy DeMoss Wolgemuth

Nancy DeMoss Wolgemuth is the founder and lead Bible teacher for Revive Our Hearts, a ministry dedicated to calling women to freedom, fullness, and fruitfulness in Christ. Nancy's love for Christ and passion for His Word are evident through … read more …