Seeking Him Afrikaans Podcast

Poster image

Hierdie is Seeking Him, deur Nancy deMoss Wolgemuth.

Kan jy met hierdie scenario identifiseer? “Die laaste tyd is ek en my man nie op dieselfde bladsy, oor hoe om ons dogter te dissiplineer nie. Ek dink hy is bang dat hy haar gevoelens gaan seer maak. Ek probeer vir hom sê, as ons haar wil wys dat ons haar liefhet, ons haar sal moet laat verstaan dat sy moet kies om te doen wat reg is. Ek wens God kon maak dat ek en my man makliker saamstem! Hoekom kan God nie net die konflik wegneem nie?”

Soms laat God konflik en probleme in ons lewens toe om dieselfde rede waarom jy jou dogter wil dissiplineer—Hy is lief vir jou. Geen wyse ouer gee sy kind alles wat hulle wil hê nie, en God is die mees wyse Vader ooit. Hy laat soms toe dat ons deur pynlike situasie gaan, juis omdat Hy ons liefhet en ons wil help om te groei.

Hebreërs 12:10 sê vir ons: "Ons vaders het ons vir ’n kort tydjie gedissiplineer soos hulle dit goed gevind het, maar God doen dit beslis tot ons beswil, met die doel om ons te laat deel in sy heiligheid."

Indien jy self nou ‘n moeilike situasie in die gesig staar, kan ek jou aanmoedig? Dink mooi daaroor of dit nie vir jou ‘n bewys kan wees van God se liefde vir jou nie. Soek Hom, vertrou Hom en leer van Hom - die liefdevolste, hemelse Vader.

Seëngroete van ROHSA

Sleutelwoorde: Lyding en Beproewinge

 

Browse Past Episodes By

About the Host

Nancy DeMoss Wolgemuth

Nancy DeMoss Wolgemuth is the founder and lead Bible teacher for Revive Our Hearts, a ministry dedicated to calling women to freedom, fullness, and fruitfulness in Christ. Nancy's love for Christ and passion for His Word are evident through … read more …