Hierdie is Seeking Him, deur Nancy DeMoss Wolgemuth.
“Maria het toe gesê: 'My siel loof die Here, my gees jubel oor God my Verlosser, want Hy het die nederigheid van sy diensmeisie raakgesien'.” Lukas 1:46
Maria se loflied in Lukas hoofstuk 1 is een van my gunsteling gedeeltes in die Skrif. Maria, hoewel so jonk en waarskynlik in die kulturele konteks van daardie tyd ongeletterd was, was sy 'n vrou van die Woord. Trouens, in die paar reëls vandie lied van Maria, sien ons soveel as vyftien Ou Testamentiese verwysings.
Sy was nie net vertroud met God se Woord nie, sy was deurdrenk daarmee. Dit laat my dink dat sy versot was daaroor! Toe sy haar mond oopmaak om met die Here in gebed en lof te praat, het die Skrif uitgeborrel.
Indien ek en jy, deur God in ons generasie gebruik wil word, moet ons ons harte en ons gedagtes met Sy Woord versadig. Ons moet dit ken, dit leef, dit inasem, dit spreek. Woord in, Woord uit.
Seëngroete van ROHSA
Sleutel woorde: Skrif memorisering