Seeking Him Afrikaans Podcast

Poster image

Hierdie is Seeking Him, deur Nancy DeMoss Wolgemuth.

Van die vier evangelies is Lukas s’n die enigste een wat van Maria se lied praat. Haar woorde word in Lukas 1:46-55 gevind. Maria se loflied word in engels “The Magnificat” genoem, wat beteken "my siel verheerlik die Here". Luister na die emosies en verwondering in Maria se lied: “Ek maak die Naam van die Here groot. Ek juig oor God. Hy is my Redder. Ek is glad nie belangrik nie, ek is maar een van God se diensmeisies; tog het Hy my raakgesien..”

Maria was 'n gewone jong vrou wat gewonder het: “Waarom ek?” Tog, sê sy in haar lied: vers 48 “Want Hy het omgesien na sy nederige diensmeisie,
en nou sal geslag na geslag my geseënd noem..” Hy het hierdie jong meisie se wêreld in eendag omgekeer, alles het verander. Haar verwantskap en verhouding met Jesus, het haar lewe ware betekenis gegee.

Wanneer jy aan jouself dink, en hoe jy 'n groot verskil in die wêreld kan maak, maak net een ding saak. Om 'n verhouding met die ware God van die heelal te hê, maak enige lewe buitengewoon. Maria se ervaring van verwondering kan ook joune wees wanneer die Here met jou en binne-in jou is.

Seëngroete van ROHSA

Sleutel woorde: Lofprysing

Browse Past Episodes By

About the Host

Nancy DeMoss Wolgemuth

Nancy DeMoss Wolgemuth is the founder and lead Bible teacher for Revive Our Hearts, a ministry dedicated to calling women to freedom, fullness, and fruitfulness in Christ. Nancy's love for Christ and passion for His Word are evident through … read more …