Retha lees ‘n stukkie uit die boek van Nancy De MossWolgemuth, Born a Child and yet a King: The Gospel in the Carols wat haar baie laat nadink het. Dit het haar laat dink aan haar eie gesindheid teenoor Kersvieringe. Die boek het haar laat besef dat Kersfees vir almal is, want Jesus het vir almal gesterf. Gewoonlik laat Kersliedjies en versierings in winkels hierdie tyd van die jaar haar ongemaklik voel. Nou besef sy dat dit reg is vir die wêreld om Kersfees te vier, al verstaan hulle nie waaroor dit gaan nie. Sy neem haar voor om hierdie Kersfees eerder te bid vir die wêreld en die mooi daarin raak te sien, as om te kritiseer en te oordeel. God sluit niemand uit nie en Sy liefde en genade is groot vir almal. Ons word aangemoedig om hierdie feesseisoen daarop te konsentreer om die lig van Kersfees wat ons in ons dra aan mense bekend te maak sodat hulle die ware vrede van Kersfees kan ervaar.