Retha gesels vandag oor haar pa se boodskap dat ons lig moet bring, maar sy wil dit anders stel: Leef lig.

Retha bedoel hiermee dat jy jou nie oor alles moet bekommer en swaarmoedig moet lewe nie. Haar ouers het dit nie vir ander om hulle moeilik gemaak nie. Hulle het op die Here gewag en tevredenheid gevind by die Here, soos wat die kindjie in Ps. 131 tevredenheid by haar ma vind.

Retha bid dat ons dit ook sal regkry om nie swaarmoedig te lewe nie en ons lig ‘n getuienis vir ander sal wees en ons in vrede kan leef.