Retha se pa se laaste woorde uit die hospitaal uit, was vir hulle as familie baie spesiaal. In die boodskap sê hy o.a. dat die verpleegsters gelukkig is omdat hulle dienswerk doen. Hy sê ook: “Kom ons doen moeite en bid die Woord vir iemand.

Laat ons weer lig in die lewe bring.” Wie is daar in jou lewe wat vandag jou hulp, bemoediging of waardering nodig het? Dit is wat vir ons geluk bring. Ons kan weer ons vreugde (“joy”) terugkry as ons iemand dien.