Retha skets die agtergrond van die boodskap in Jes. 7:14 “Die Here sal daarom self vir julle ‘n teken gee: ‘n Jong vrou sal swanger word en ‘n seun in die wêreld bring en sy sal hom Immanuel noem.” Vir koning Agas en die volk het hierdie belofte dalk nie baie beteken nie, maar vir ons beteken dit baie om te weet dat Jesus klaar gebore is. Hy is Immanuel, God by ons.

Daarom kan ons bedaar en kalm bly. Ons hoef nie bang te wees nie, want Jesus is reeds gebore. Immanuel, God met ons, beteken dat wanneer jy alleen is, onder watter omstandighede ook al, soos wanneer jy alleen in die hospitaal is, of ‘n mamma alleen in die nag met ‘n babatjie of siek kind is, of alleen in ‘n eksamenlokaal is, jy nooit werklik alleen is nie.

Retha lees ‘n pragtige gebed van Saint Patrick, ‘n bekende geestelike van ‘n vorige eeu, om jou daaraan te herinner dat God by jou is. Mag ons lewe met die wete dat Christus by ons is, ook in hierdie vakansietyd, sodat ons nie vreesagtig en bang hoef te wees nie.

Related Video