Die woord Messias beteken gesalfde. Dit is dieselfde woord vir Christus. Christus is Grieks en Messias is Hebreus. Wanneer ons Kersfees vier, vier ons Jesus, die gesalfde, wat gekom het om ons te verlos. Handel het die pragtige musiekstuk, Messiah, gekomponeer in 1742, in 24 dae.

Hy vertel dat terwyl hy gekomponeer het, hy beleef het dat die Heilige Gees net by hom kom oorneem het. Die musiekstuk handel oor Jeses se geboorte en Sy sterwe. Jesus het ons skuld kom wegvat, ons kom genees en ons kom deel maak van die familie van God, sodat ons nie weeskinders hoef te wees nie. Handel het na die sukses wat hy behaal het met Messiah, dit wat die Here vir hom gegee het, gevat en Jesus se liefde prakties gaan demonstreer deur mense se skuld af te los en hulle uit die tronk vrygelaat kon word. Kom ons dink ook wat ons in hierdie Kerstyd kan doen om te demonstreer wat Jesus vir ons kom doen het.

Retha deel ‘n paar praktiese idees, maar daag jou uit om kreatief te wees en aan nog idees te dink. Dink aan hoe jy in hierdie Kerstyd nie net geskenke sal ontvang nie, maar ook geskenke sal gee wat daarop dui dat Jesus vir jou ‘n geskenk was.

Related Video