Retha sluit die reeks van Ps. 23 af met hierdie vrae: “Weet jy wat die tweede dood is? Is jy bekommerd oor die tweede dood? Dink jy die tweede dood gaan ‘n effek op jou hê?” Die eerste dood is die dood wat ons almal gaan deurgaan. Dit is die dood van ons liggame. Die tweede dood word beskryf in Op. 2:11, Op. 20:6, Op. 20:14, en Op. 21:8. Dit is die ewige dood in die vuurpoel. Die tweede dood is net vir die wat nie in Jesus glo nie. Wat het Ps. 23 hiermee te doen? Ps. 23 eindig met die woorde: “… en ek sal tuis wees in die huis van die Here tot in lengte van dae.” As ons sê dat die Here ons herder is, kan ons vir seker weet dat die tweede dood geen effek op ons gaan hê nie en kan ons eendag tuis wees in die huis van die Here.