Hierdie is Seeking Him, deur Nancy DeMoss Wolgemuth.
Deur die manier waarop ons ander mense behandel, wys ons of ons Jesus werklik liefhet.
In Matteus 25 prys Jesus diegene wat in Sy behoeftes voorsien het. Hy sê: "Soos julle dit aan een van die geringstes van hierdie broers van My gedoen het, het julle dit aan My gedoen." Met ander woorde, wanneer ons iemand in nood help, is dit asof ons die Here self help. God neem wat ons vir ander mense doen, persoonlik op.
Indien ons dit werklik geglo het, wed ek jou, sou ons baie meer versigtig wees oor hoe ons ander behandel. Dink jy ons sal vir Jesus lieg, oor Hom skinder, of Hom daardie kil stils-stuipe behandeling gee? Jesus sê: “Soos julle dit aan een van die geringstes van hierdie broers van My gedoen het, het julle dit aan My gedoen.”
Wanneer jy vandag met mense in aanraking kom, verbeel jou dis Jesus self met wie jy te doen het. Ek dink jy sal met my saamstem, dit sal verseker ons woorde en dade beïnvloed.
Seëngroete van ROH SA
Sleutelwoorde: