Hierdie is Seeking Him, deur Nancy DeMoss Wolgemuth.
Die boek Spreuke leer ons dat net soos op ‘n bou perseel, ons óf 'n bouer óf 'n slopings-kundige kan wees.
Spreuke 14:1 (in 1953 vertaling) “Die wysheid van die vroue bou die huis, maar die sotheid breek dit met eie hande af.”
Bou jy op deur bereidwillig en sonder versuim ander te dien?
“Moet net nie julle vryheid misbruik, sodat dit aanleiding gee vir die vlees nie, maar dien mekaar deur liefde.” (Galasiers 5:13)
Of breek jy af, deur te huiwer om te dien? Bou jy jou huis deur in jou gesin se behoeftes te voorsien?
“Sy hou goeie toesig oor haar huishouding; lui is sy nie.” (Spreuke 31:27).
Of verwaarloos jy daardie behoeftes weens 'n gebrek aan begeerte, beplanning en swak dissipline?
“Julle moenie aan hierdie wêreld gelykvormig wees nie, maar word verander deur die vernuwing van julle denke, sodat julle goed kan onderskei wat die goeie en aanneemlike en volmaakte wil van God is.” (Romeine 12:2)
Vernuwe jy jou denke deur die Skrif, of is jy meer vertroud met die populêre stemme van hierdie wêreld?
Om God se Woord te ken en dit toe te pas sal jou help, om van 'n slopings- kundige, in 'n meesterbouer te verander.
Seëngroete van ROHSA
Sleutelwoorde: God se Woord, Waarheid