Seeking Him Afrikaans Podcast

Poster image

Hierdie is Seeking Him, deur Nancy DeMoss Wolgemuth.

Weet jy watter tipe situasies heel moontlik daartoe sal lei dat jy sondig?

Rudi vertel dat alles voor die wind met hom gaan. En dan flits daar ‘n advertensie op tv, of hy en sy vrou kyk ‘n fliek wat die gedagtes in sy kop aan die gang sit. Kort voor lank bevind hy homself voor sy rekenaar besig om agter sy vrou se rug na goed te kyk, wat hy weet haar sal seermaak as sy daarvan uitvind.

Die apostel Paulus het vir die kerk in Tessalonika hierdie woorde in 1 Tes 4:3 geskryf: “want dít is die wil van God: julle afgesonderdheid(julle heiligheid), dat julle moet wegbly van alle seksuele oortredings en dat elkeen van julle sal weet hoe om sy liggaam te besit in afgesonderdheid en eer, nie in hartstogtelike begeertes soos die ander nasies wat God nie ken nie.”

Is jy bewus van die dinge wat jou gedagtes laat dwaal? Miskien is dit ‘n spesifieke liedjie, of dalk iemand met wie jy weet jy nie te veel tyd saam moet spandeer nie. Dink ‘n bietjie aan watter situasies vir jou moeilik is om te weerstaan. Vra God om jou te help en jou genadig te wees, sodat jy daardie sneller-situasies kan vermy.

Seëngroete van ROH SA

Sleutel woorde: Versoeking

Browse Past Episodes By

About the Host

Nancy DeMoss Wolgemuth

Nancy DeMoss Wolgemuth is the founder and lead Bible teacher for Revive Our Hearts, a ministry dedicated to calling women to freedom, fullness, and fruitfulness in Christ. Nancy's love for Christ and passion for His Word are evident through … read more …