Hierdie is Seeking Him, deur Nancy DeMoss Wolgemuth.
“Ek het geëet wat ek wou, wanneer ek wou en soveel as wat ek wou. Ek het gevoel, sou ek vir myself ‘nee’ sê dat dit ‘n straf sou wees.” Het jy iemand dit al hoor sê, dalk jy self?
Het jy al ooit gewonder hoekom kos so ‘n groot impak het op so baie mense se lewens? Ek vermoed dit het dalk iets met Genesis 3 te doen. As jy mooi daaroor dink, het die eerste sonde o.a. met eet te doen gehad.
Die enkele beperking oor kos wat God vir Eva gegee het was vir haar te veel. Sy het, soos baie van ons, daardie dag besluit sy gaan eet wat sy wou. Ons wil die vryheid hê om te kies wat ons wil hê, maar baie keer bring daardie keuses ‘n houvas oor ons lewens.
God se weg is altyd die beste, en ons kan Hom ten volle ervaar en geniet wanneer ons nie gevange gehou word deur ons eie begeertes nie. Nog belangriker as ons beste-gesonde-eetplan, moet ek en jy seker maak dat ons, ons grootste tevredenheid en vreugde vind in ons verhouding en wandel met God. Dit is wanneer ons ware vryheid sal ervaar.
Galasiërs 5:1 “Christus het ons vrygemaak om werklik vry te wees. Staan dan vas in hierdie vryheid en moet julle nie weer onder ‘n slawejuk laat indwing nie.”
Seëngroete van ROHSA
Sleutel woorde: