Hierdie is Seeking Him, deur Nancy DeMoss Wolgemuth.
Voel jy soms of jou lewe buite beheer is?
Aandete is nie gekook nie, die huis lyk morsig, en ‘n kind met ‘n wetenskapprojek wat more moet klaar wees. Of jou baba is siek en dit is 4uur in die middag en jy sit nog in my nagklere!
Miskien kan jy hiermee assosieer. Stel jou voor jy moet elke detail van die ganse skepping beheer! Psalm 104 beskryf die manier waarop die natuur aan God onderwerp.
Die oseane bly binne die grense wat Hy vir hulle gestel het. Die gras en bome groei volgens God se voorskrifte. Die son en die maan bly by hulle voorgeskrewe seisoene. En wat is die resultaat? Vers 13 vertel ons “...die aarde kry meer as genoeg van alles wat U gee.” Om aan die Skepper beheer oor te gee, bring seëninge. volheid en vrede.
Het jy beheer oorgegee aan die Skepper van die heelal? Maak gerus tyd en lees Psalm 104. Bid dan en gee elke deel van jou lewe oor aan die beheer van ons wyse, liefdevolle Skepper God.
Seëngroete van ROH SA
Sleutel woorde: