Hierdie is Seeking Him, deur Nancy DeMoss Wolgemuth.
Wanneer jy ‘n kind van God is, is daar ‘n stryd wat in jou binneste woed- jou natuurlik vlees teenoor God se Gees wat in jou woon. Van nature is die mens in opposisie teenoor God. Maar die Heilige Gees is besig om die kinders van God se begeertes te transformeer. Ek is seker in jou eie lewe ervaar jy ook, dat jy aan die een kant so graag wil ingee vir jou vleeslike drange en begeertes, maar aan die ander kant roep die Gees van God jou tot gehoorsaamheid en geregtigheid.
Aan die een kant verpes jy dit wanneer iemand jou skotttelgoed anders wegpak as waarvan jy hou, aan die ander kant kan jy vir hulle dankie sê dat hulle jou in die kombuis gehelp het.
Aan die een kant kan jy lekker saam gis en skinder, of jy kan die persoon wat bespreek word die voordeel van die twyfel gee. Jy kan die situasie ontlont en sê “ek is seker as ons haar kant van die saak hoor, dit ‘n heel ander storie gaan wees.”
Romeine 8:13-14 “As julle julle lewe deur die sondige natuur laat beheers, gaan julle die dood tegemoet, maar as julle deur die Gees 'n einde maak aan julle sondige praktyke, sal julle lewe. Almal wat hulle deur die Gees van God laat lei, is kinders van God.”
Vra God om jou vandag te help om in die Gees te wandel en om jou vleeslike begeertes deur Sy krag tot niet te maak.
Seëngroete van ROH SA
Sleutel woorde: versoekings, die vyand