Seeking Him Afrikaans Podcast

Poster image

Hierdie is Seeking Him, deur Nancy DeMoss Wolgemuth.

Hoe antwoord jy iemand wat vir jou vra: “Hoe vergewe mens ‘n hele gemeente?” Terwyl my gedagtes die regte antwoord soek, vertel sy my toe hoe die gemeente haar pa afgedank het as hulle pastoor. Sy voel daar was baie ongeruimdhede, maar die groot hartseer van die situasie lê vir haar in al die gebroke verhoudings. 

Al was dit toe reeds ‘n jaar later, was haar pyn steeds baie intens, maar sy het tog ervaar dat sy deur God aangespreek word om die gemeente te vergewe. 

Die keuse was hare of sy dit gaan doen of nie, want sien vergifnis is nie ‘n emosie nie. Dit bly ‘n keuse, ‘n daadwerklike wilsbesluit.

Filipense 2:12-13 “werk met vrees en bewing aan julle verlossing. Want Hy wat die gewilligheid en die optrede in julle bewerk soos Hy dit goedvind, is God.”

Is daar dalk in jou hart so ‘n rou seer? Vra God vir Sy bonatuurlike begeerte en krag, en kies dan om daardie persoon te vergewe.

Seëngroete van ROHSA

Sleutelwoorde:

 

Browse Past Episodes By

About the Host

Nancy DeMoss Wolgemuth

Nancy DeMoss Wolgemuth is the founder and lead Bible teacher for Revive Our Hearts, a ministry dedicated to calling women to freedom, fullness, and fruitfulness in Christ. Nancy's love for Christ and passion for His Word are evident through … read more …