Dit is Seeking Him deur Nancy DeMoss Wolgemuth.
Is daar 'n spesifieke persoon wie jy regtig moeilik vind om te vergewe?
Jesus het 'n storie in Matteus 18 vertel wat ons 'n paar belangrike dinge oor vergifnis leer. Hy het 'n dienaar beskryf wat die koning baie geld geskuld het – regtig baie rande in vandag se terme. Die koning kon die dienaar in die tronk gegooi het, maar hy het genade betoon. Maar direk nadat daardie skuldenaar vry was, het hy iemand anders gaan opsoek wat hom 'n relatief klein bedraggie geskuld het, wie hy toe laat opsluit het. Vers 33 “Toe die koning dit uitvind, was hy woedend en het gesê: ‘Moes jy nie ook jou medeslaaf begenadig soos ek jou begenadig het nie?’”
Is daar iemand wie jy moet vergewe? Dalk is dit ‘n sussie of boetie met wie jy stry gekry het? Gewoonlik beinvloed dit dan ook ander gesins of familielede wat in die storie ingetrek word. Dan voel mens eers verraai. Hoeveel keer dink ons dan nie dat vergifnis in teorie reg en wonderlik sou wees nie, maar dat dit nie prakties uitvoerbaar is in die situasie nie.
Is dit wat ons uit hierdie gelykenis leer? Die antwoord is eenvoudig: nee. Kan ek jou weer vra, herinner die Heilige Gees jou nou aan iemand wie jy moet vergewe? Wanneer ons dink aan hoeveel foute en sonde God ons vergewe het, hoe kan ons dan vergifnis van iemand anders weerhou?
Seëngroete van ROH SA
Sleutelwoorde: Vergifnis en Bitterheid