Hierdie is Seeking Him, deur Nancy DeMoss Wolgemuth.
Ek is altyd in verwondering wanneer ek perde sien, maar veral om perde en hulle ruiters se wisselwerking dop te hou. Hulle kan so vinnig en kragtig beweeg, tog is hulle terselfdertyd ingestel is om die jokkie se opdrag uit te voer. Net die geringste beweging van die teuels of die ruiter se stem, laat die dier dadelik in gehoorsaamheid reageer.
Maar voordat ‘n perd afgerig kan word, moet hy eers ingebreek word. Nie letterlik sy bene breek nie, maar wel die perd se eie wil. So word die perd onderdanig aan sy ruiter.
Voordat ek en jy deur ons Meester gebruik kan word, moet ons ook eers ingebreek word. Gebrokenheid is die opgee van ons eie wil, sodat die Gees van God in en deur ons vrygestel kan word.
Psalm 51:19 “Die offer wat U wil hê, o God, is ’n gebroke gees. ’n Gebroke en berouvolle hart sal U nie verwerp nie….”
Die keuse om gebroke voor God te wees, lê by jou. Al wat jy hoef te doen is om jouself onder die gesag van God te stel. Nie jou wil nie, maar God se wil geld dan.
Seëngroete van ROHSA
Sleutelwoorde: