Hierdie is Seeking Him, deur Nancy DeMoss Wolgemuth.
Stel jou voor jy loop deur 'n wêreldbekende kunsmuseum, met jou eie verfkwaste en verfbuisies in jou sak. Jy sien ‘n pragtige skildery, dit gryp jou aandag. Maar jy dink dat dit tog 'n bietjie afronding kort, miskien bietjie meer groen hier aan die regterkant. Jy begin in jou sak te krap en soek na die groen buisie verf en daardie fyn kwassie van jou…
Om enigiets by te voeg, sou die kunswerk ruïneer. Ons sou nie daaraan dink om enige van die skilderye te verander nie. Hulle is voltooide meesterstukke.
Dink mooi, hoe gereeld probeer ons om goed by Christus se voltooide werk aan die kruis, te voeg? Ons dink ons kan harder probeer, meer goeie werke doen, of iets van ons eie moeite byvoeg om ons skuld te betaal. Maar deur Jesus se dood is ons skuld reeds ten volle betaal.
Daar is absoluut niks wat ons kan doen om God se liefde of vergifnis te verdien nie. Is dit nie bevrydend nie? As jy in Christus is, is daar geen hindernisse tussen jou en God nie. Deur Sy offer aan die kruis, “is dit volbring.” Moenie probeer om enigiets anders daarby te voeg nie.
Seëngroete van ROH SA
Sleutelwoorde: