Seeking Him Afrikaans Podcast

Poster image

Hierdie is Seeking Him, deur Nancy DeMoss Wolgemuth.

Daar is ‘n paar so genaamde waarhede oor die lewe wat mense deesdae as vanselfsprekend aanvaar. Soos dat alle mense deur hulle Skepper sekere regte gekry het, en geluk mag najaag.

Ons glo ons het ‘n reg op basies alles wat ons wil hê: tyd vir jou plesier en vakansies, ons glo ons het ‘n reg om hulp te ontvang met take by die huis, ons het ‘n reg op ‘n goeie nag se rus, selfs ‘n reg dat ons eier gaargemaak word soos ons daarvan hou! In die moderne wêreld het “ek het die reg” amper al ‘n spreekwoord geword.

Maar staan terug en kyk na die geskiedenis en God se Woord. Suksesvolle verhoudings en gesonde kulture word nie gebou deur regte te eis nie. Hulle word juis gebou op die toegee van regte.

Luister na Fillipense 2:4 “Julle moet nie net elkeen na sy eie belange omsien nie, maar ook na mekaar se belange.”

Wanneer ek op my regte fokus, kan selfs die kleinste oortreding teenoor my, my ontstel. Die oplossing is om al ons regte aan die Een oor te gee wie pirimér, die reg op alles van my het.

Seëngroete van ROHSA

Sleutelwoorde: Geestelike Groei

Browse Past Episodes By

About the Host

Nancy DeMoss Wolgemuth

Nancy DeMoss Wolgemuth is the founder and lead Bible teacher for Revive Our Hearts, a ministry dedicated to calling women to freedom, fullness, and fruitfulness in Christ. Nancy's love for Christ and passion for His Word are evident through … read more …