Seeking Him Afrikaans Podcast

Poster image

Hierdie is “Seeking Him” deur Nancy DeMoss Wolgemuth.

Spreuke 7 vertel die verhaal van 'n verleidelike vrou. 'n Jong man gaan na die huis van hierdie vrou en bring uiteindelik die nag daar deur. Hier is iets interessants: hierdie dwase vrou lyk godsdienstig. Terwyl sy hom verlei, probeer sy haar onsedelikheid verhef tot iets geesteliks, deur met hom te gesels oor die maaltydoffers, en die geloftes wat sy die dag betaal het.

Ek ontvang briewe wat daarop wys dat dieselfde vandag nog gebeur. Baie vroue in die kerk maak dwase keuses. Een vrou het byvoorbeeld geskryf dat haar pastoor tydens 'n beradingsessie erken het dat hy tot haar aangetrokke voel. Al het sy geweet dit is roekeloos, het sy steeds een keer per maand sy hare gesny en hom masseer.

Spreuke 7 begin met die vermaning "MY seun, onderhou my woorde en bewaar my gebooie by jou; onderhou my gebooie, dan sal jy lewe, en my onderwysing soos jou oogappel; bind hulle aan jou vingers, skryf hulle op die tafel van jou hart. Sê aan die wysheid: Jy is my suster! en noem die verstand jou vertroueling,,.”

Plaas jy jouself of iemand anders in 'n posisie waar jy in versoeking sal kom om te sondig? Indien wel, doen wat ek daardie vrou aangemoedig het om te doen: hardloop, vlug, kom weg van die versoeking af. God sal jou die krag gee om die wyse keuse uit te voer.

Seëngroete van ROHSA

Sleutelwoorde: Sonde, Bekering

Browse Past Episodes By

About the Host

Nancy DeMoss Wolgemuth

Nancy DeMoss Wolgemuth is the founder and lead Bible teacher for Revive Our Hearts, a ministry dedicated to calling women to freedom, fullness, and fruitfulness in Christ. Nancy's love for Christ and passion for His Word are evident through … read more …