Hierdie is Seeking Him, deur Nancy DeMoss Wolgemuth.
Jy assosieer Kersfees waarskynlik met jou gunsteling disse en lekkernye, ek weet ek doen. Maar hierdie woorde in Maria se loflied behoort ons te laat wonder: Waarvoor is ons werklik honger?
Vers 53: “Hy het die wat honger is, gevul met goeie dinge en stuur rykes weg met leë hande.”
Maria het die ware honger van haar eie hart geopenbaar, in hoe sy op die engel Gabriël se boodskap gereageer het, nadat hy haar vertel het wat God vir haar lewe beplan.
Vers 38: Toe sê Maria: “Kyk, ek is die diensmeisie van die Here. Mag met my gebeur volgens u woord.”
Hoeveel seëninge mis ons omdat ons probeer om vas te hou aan ons lewens, ons reputasies, ons regte, ons tyd, ons gerief, ons gemak? Dit is nie die dinge wat ons die nodigste het nie. Wat ons werklik nodig het, is die “goeie dinge” wat God gee aan almal wat honger is na wat die belangrikste is - ‘n honger na Hom.
Seëngroete van ROHSA
Sleutel woorde: