Seeking Him Afrikaans Podcast

Poster image

Hierdie is Seeking Him deur Nancy DeMoss Wolgemuth.

Ons almal het 'n natuurlike begeerte om ons reputasie te bou.

Baie van ons probeer om ons werk bekend te stel – om 'n naam vir onsself te maak. Dis soos handelsmerk herkenning, behalwe dat jy jou eie handelsmerk is. Hoeveel mense hou nie hulle profiele op sosiale media stip dop, om te sien hoeveel “likes” hulle plasings kry nie.

Johannes die Doper daag ons natuurlike manier van dink uit. In sy kenmerkende nederige gees het hy gesê: "Ek doop met water, maar in julle midde staan daar Iemand vir wie julle nie ken nie. Hy is die Een wat ná my kom, en ek is nie werd om die riempies van sy sandale los te maak nie."

Is dit jou hartshouding? Wil jy hê Jesus moet verhoog word? Wil jy regtig hê dat Sy reputasie moet toeneem?

Om 'n naam vir onsself te probeer bou, is ‘n frustrerende saak, want ons kan nooit genoeg doen nie. Maar wanneer ons tot eer van God dien en daarop fokus om Sy naam groot te maak – dán vind ons ware vervulling.

Seëngroete van ROHSA

Sleutelwoorde: Gebrokenheid, Hoogmoed

Browse Past Episodes By