Seeking Him Afrikaans Podcast

Poster image

Hierdie is Seeking Him, deur Nancy DeMoss Wolgemuth.

Wanneer jy ver reis, pak jy jou tas volgens die plek waarheen jy gaan - jou bestemming. Jy gaan nie ‘n sneeupak, ski handskoene en winterstewels inpak wanneer jy die res van jou lewe op ‘n tropiese eiland wil gaan bly nie.

Waarom is dit dan dat soveel mense wat beplan om hemel toe te gaan, hulleself belas met gedrag, leefstyl en gewoontes; waaroor hulle later gaan spyt wees? Bagasie wat hulle eendag, wanneer hulle voor Christus staan, gaan wens hulle nie gehad het nie.
Een van die redes om ons self met heiligheid beklee, is omdat dit ons voorberei vir die ewigheid. J.C. Ryle het gesê “Sonder heiligheid op aarde, sal ons nooit voorbereid wees om die hemel te geniet nie.”

Wanneer Paulus oor ons hemelse tuiste in 2 Petrus 3:14 praat, sê hy: “Daarom, geliefdes, terwyl julle hierdie dinge verwag, moet julle julle daarvoor beywer om vlekkeloos en onberispelik voor God, en in vrede met Hom, te lewe.”

Pak jy reg in? Indien jy vandag besef dat jy eendag verleë gaan wees, vra God nou om jou te vergewe, en jou te help om reg voor te berei vir die heel belangrikste bestemming.

Seëngroete van ROHSA

Sleutel woorde:

Browse Past Episodes By

About the Host

Nancy DeMoss Wolgemuth

Nancy DeMoss Wolgemuth is the founder and lead Bible teacher for Revive Our Hearts, a ministry dedicated to calling women to freedom, fullness, and fruitfulness in Christ. Nancy's love for Christ and passion for His Word are evident through … read more …