Hierdie is Seeking Him, deur Nancy DeMoss Wolgemuth.
Daar is so ‘n wye reeks onderwerpe waaraan ons ons tyd kan spandeer, om meer van te wete te kom. Of dit nou nuwe tegnologie soos “AI” is, of gesondheids produkte, dalk wil jy na elke agtergrond storie van jou gunsteling akteur kyk!
Maar wat ons eintlik moet leer, is die weë van God. Ek wil God se perspektief op alles weet en ken - die huidige wêreldsake, die toekoms, my emosies, selfs my werk. Ek wil weet wat Hom vreugde bring en wat Hom bedroef. Ek wil Sy weë ken.
Dit is waarom ek baie dae voordat ek my Bybel oopmaak, eers hierdie woorde van Psalm 25:4 bid “Here, wys my die weg wat ek moet gaan, leer my U paaie. Lei my deur U waarheid en leer my, want U, o God, is my redder. Die hele dag wag ek vol hoop op U.”
Jy kan vandag jou tyd spandeer deur allerlei nuwe onbenullige dinge te leer. Wil jy nie die tyd gebruik vir dit wat die heel belangrikste is, en God se Woord oopmaak nie? Vra Hom om vir jou Sy weg te wys.
Seëngroete van ROHSA
Sleutelwoorde: